International BIGGLES Association!

Jy weet darem wie Biggles is, nť?
Ons ken hom baie goed!
Ons is die International BIGGLES Association (Internasionale BIGGLES Vereniging) - die offisieŽle organisasie vir mense geÔnteresseerd in, of versamelaars van, die werk van Kaptein W.E. Johns. Ons organiseer reŽlmatig vergaderinge en woon soortgelyke vergaderinge by en publiseer ons "BIGGLES News Magazine (Biggles Nuusbrief)" elke twee maande. Ons besit ook ons eie oudheidkundige boekwinkel ťn uitgewery wat nog nie-gepubliseerde verhale van Kaptein W.E. Johns uitgee, asook 'n uitgebreide Kaptein W.E. Johns Katalogus. Boonop bestuur ons ook 'n winkel wat hierdie uitgawes verkoop, sowel as nuwe edisies van Kaptein W.E. Johns en verwante materiaal.
Deur middel van hierdie webwerf wil ons jou graag meer informasie verskaf van Kaptein W.E. Johns en sy werk in Engeland, Nederland, BelgiŽ, Frankryk, Duitsland, Finland ensovoorts. Behalwe vir sy bekende Biggles-reeks, het Johns ook geskryf oor ander helde en heldinne soos byvoorbeeld Steeley, Worrals en Gimlet, sowel as a wetenskapfiksie-reeks oor ruimtevaart. Hy was ook die outeur van volwasse fiksie en faksie en van ander jeugtitels, beide fiksie en faksie. Hierdie Afrikaanse blad is 'n verkorte versie van die hele webwerf in Engels en Nederlands.
Die meeste van hierdie bladsye betref lyste van die eerste edisie boeke, wat verkrygbaar is op albei die Engelse en Nederlandse webwerwe en is herhaling daarvan in Afrikaans onnodig, omdat data soos byvoorbeeld naam en datum van die eerste uitgewery nie noodsaaklik vertaling nodig het nie. Maar moenie huiwer om ons te kontak met enige vrae of voorstelle nie:info@biggles.nl.

Wie is Die International BIGGLES Association?

Laat ons begin deur onsself voor te stel:
Die Internasionale Biggles Vereniging is die enigste offisieŽle, geregistreerde organisasie in die wÍreld vir mense geÔnteresseerd in, of versamelaars van, die werk van Kaptein W.E. Johns. Die vereniging bestaan vanaf 1985 en alleen al in Nederland het ons meer as 550 lede - selfs meer in die Verenigde Koninkryk, BelgiŽ, Frankryk, SkandinaviŽ en so meer. Ons " BIGGLES News Magazine (Biggles Nuusbrief)" met minstens 68 bladsye (waarvan die meerderheid in Nederlands is) word elke twee maande gepubliseer waarin lede 'n gratis persoonlike advertensie kan plaas betreffende hulle versameling. In die tydskrif sal jy oorspronklike werk van Kaptein W.E. Johns vind.
Ons organiseer reŽlmatig publieke vergaderinge in Nederland met gratis toegang, verkoop- en ruilgeleenthede, 'n lotery, 'n vasvrawedstryd en 'n interessante vandisie. Ons lede betref mense van alle ouderdomme, manne en vrouwe. Die meeste van hulle, behalwe vir versamelaars van Johns se werk, is byvoorbeeld geÔnteresseerd in vliegtuie en vliegkuns of ander kinderboeke. Natuurlik het die I.B.V. sterke bande met die versamelaarswÍreld, die wÍreld van lugvaart sowel as die letterkundige wÍreld!
Ons verkoop baie Biggles boeke en strokiesprente (tweedehandse boeke is alleen te koop vir ons lede omdat hulle so moeilik versamelbaar is - en nuwe boeke vir almal wat geÔnteresseerd is) in Engels, Frans en selfs in Tjegies en natuurlik ook alle soorte Nederlandse en Belgiese tweedehandse Biggles sagtebladboeke (94 titels is na Nederlands vertaal). Ons publiseer offisieŽle vertalings van Kaptein W.E Johns se werk in "The Captain W.E. Johns Uncollected Stories" reeks (in beide Engels en Nederlands). Twaalf titels was gepubliseer tot op hede: 9 was Biggles stories, twee Worrals stories en een daarvan was 'n Steeley storie. Ons verkoop ook IBV plakkers, asook ander koopware en, laaste maar nie die minste nie, 'n realisties handgemaakte miniatuur Biggles boek (hardeblad) getiteld "Biggles flies again" (Biggles vlieg weer) wat as 'n borsspeld gedra kan word (sonder teks aan die binnekant). Bowenal ook nog 'n uitgebreide Kaptein W.E. Johns Katalogus, met 'n biografie en die wÍreldwye bibliografie van 211 bladsye met 1130 illustrasies! Verkrygbaar in Nederlands, met 'n engelse woordeskat. Jy kan al hierdie items vind - of aanskaf - op: http://shop.biggles.nl/.
Indien jy wil aansluit by die IBV kan jy ons online inskrywingsvorm voltooi en dit na die IBV stuur. In Nederland is die jaarlikse fooi 17.50 euro, betaalbaar in Januarie elke jaar. Vir die res van Europa is die jaarlikse fooi 20.50 euro en vir die res van die wÍreld 23.00 euro. Daar is 'n addisionele eenmalige inskrywingsfooi van 2.25 euro.
Die Internasionale Biggles Vereniging, geregistreerd by die Kamer van Koophandel te Amsterdam, no. 40537213.

Wie is Biggles?

James Bigglesworth is die mees bekende held in 'n reeks van 98 boeke en verskeie kortverhale deur Kaptein W.E. Johns. Vriend en vyand ken hom as "Biggles". He is in 1899 gebore in IndiŽ van Engelse ouers en was in Engeland op skool, as gevolg van herhalende koors. In 1916 tydens die Eerste WÍreldoorlog, het hy geleer om te vlieg en het later 'n vegvlieŽnier geword vir die RFC in Frankryk en het aanvanklik gewerk vir die Intelligensie Diens op versoek van majoor Raymond. In 1918 eindig Biggles se enigste romanse tragies: sy beminde Marie was 'n duitse spioen. Daarna het hy sy eie vliegmaatskappy begin, genaamd Biggles & Co., saam met sy troue vriend/kollega en sy neef Sy Edele Algernon Montgomery Lacey, "Algy". Weer het die meeste van sy opdragte oor die hele wÍreld van die Intelligensie Diens gekom. In hierdie jare ontmoet Biggles en Algy die jonge Ginger Hebblethwaite, wie 'n permanente lid van die span word. Na die begin van die Tweede WÍreldoorlog, is Biggles aangewys as eskaderleier van 666 Spitfire Squadron. Sy avonture met Algy, Ginger, hulle nuwe vriend Lord Bertie Lissie en sy ander vlieŽniers al oor die wÍreld, word vertel in vele boeke. Na die Tweede WÍreldoorlog woon die vier vriende saam in 'n Londen May Fair woonstel en sluit aan by die Scotland Yard Flying Police Squad, onder bevel van lugbevelhebber Raymond waartydens hulle spannende avonture saam beleef het, in en buite Engeland.

Wie was Kaptein W.E. Johns?

In die Kaptein W.E. Johns Katalogus kan jy 'n uitgebreide biografie vind. Hier is sommige hoogtepunte:
William Earl Johns is in 1893 gebore in Bengeo, Hertfordshire, Engeland, en is die seun van 'n kleremaker. Gedurende die Eerste WÍreldoorlog het hy as masjiengeweer-artilleris gedien en van 1918 as 'n vegvlieŽnier vir die RFC in Frankryk. Hy is oor Mannheim neergeskiet, het 'n krygsgevangene geword, het ontsnap, is weer gevange geneem en is tot dood veroordeel. Hy was gered deur die skielike beŽindiging van die oorlog! Hy het by die Koninklike Lugmag (RAF) in diens gebly tot 1931 as vlieginstrukteur en later as werwingsoffisier, toe hy rang as lugvaartoffisier laat vaar het.
Toe hy later 'n suksesvolle skrywer geword het, het hy "Kaptein" aan sy naam toegevoeg. Hy het sy loopbaan as bekwame lugvaart-kunstenaar/tekenaar/skilder begin vir veel doele (tydskrifte / brosjures / poskaarte / plakkate / boeke). In die begin van die dertigerjare het hy sy mees bekende held, James Bigglesworth, geskep - "Biggles" - in kortverhale gebaseer op sy en sy vriende se ondervindinge tydens die Eerste WÍreldoorlog. Biggles het byna meteen gewild geword en het verander in 'n junior held vir seuns. Altesaam het Johns 98 boeke geskryf oor Biggles! Hy was ook 'n suksesvolle skrywer van nie-fiksie (lugvaart / tuinmaak) en ander fiksie reekse met ander helde en heldinne, soos die vroulike vlieŽnier Worrals, Gimlet & Steeley en was selfs auteur van 'n wetenskapfiksie reeks. Johns het 167 boeke geskryf en seker honderde kortverhale!
Hy is in 1968 oorlede terwyl hy besig was om "Biggles does some homework" te skryf - ironies genoeg was Biggles veronderstel om diť verhaal uit te tree! Sy boeke is in 17 tale en in 26 lande (Kaapstad, Suid-Afrika ingesluit) gepubliseer en hy was die tweede grootste blitsverkoper (na Enid Blyton) in die Verenigde Koninkryk! Sy Biggles-boeke word nog steeds gerepubliseer in verskeie lande (Nederland, BelgiŽ, VK, Tjegiese Rep. ensovoorts). Ook vind mens reŽlmatig nuwe stories, gebaseer op die oorspronklike karakters. Kaptein W.E. Johns is meer as 40 jaar na sy dood, nog steeds aanwesig!






Kopiereg © International BIGGLES Association. Alle regte voorbehou.
P.O. Box 16, 1760 AA Anna Paulowna, Nederland.
As jy enige voorstelle of vrae het, stuur dan jou e-pos na info@biggles.nl.
In geval van tegniese probleme, stuur asseblief e-pos aan webmaster@biggles.nl.